'n Kort oorsig oor die familiefees van 2001. Click hier om terug te gaan na die Nuus 2001
Liewe familie,
Vrydag 7 September 2001 laat middag begin die familie streep streep aankom by Klein Kariba waar 17 woonstelle bespreek is. Ons was +/- 70 mense wat oorslaap. Die weer is ideaal. Soos die familie begin aankom begin die groepies vorm en almal is ewe opgewonde om mekaar weer te sien. Een baie belangrike ding word dadelik bespreek, dit is nl. waar gaan ons vanaand `n lekker groot vuur maak sodat daar `n hond uit `n bos gekuier kan word.
Ons moes bietjie wag vir die hout maar julle weet mos, dis altyd die moeite werd om te wag vir Noord Transvaalse harde hout. Die vure het gou geknetter in die braaiplekke. Ons kuier tot laat aand en eers vroeg die oggend begin ons aan slaap dink. Die "ouer" garde het bietjie vroeër ingekruip. Deur die nag het die bobbejaan trop skaars 50 m van die woonstelle af vir ons "vertel", hier's meer as een soort familie in die omgewing.
Die volgende oggend is almal na die Bruglapa waar die koffie, tee, koeldrank en tafels vol koek gereed gestaan het. Opgewonde word almal wat nog aankom verwelkom en die geselsery en gegroetery klink soos `n klomp geelvinke in die doringbome. Elf uur begin die vergadering. Ons neem met blydskap kennis van die uitnodiging vir volgende jaar deur die Griffioen familie, en weer by Klein Kariba!
Intussen ruik ons al van vroeg af die heerlike geur van heel skape wat gebraai word op die spit. Een uur is dit etenstyd en almal raak stil om die tafels. Dis pragtig gedek in die skadu van groot bome. Almal sit lekker en smul aan die kos. Roly Poly en roomys met sjokolade sous; dit was die nagereg. Toe lê die middag nog voor. Party gaan swem, party gaan rus. Die meeste kuier onder die bome. Asof die ete nie genoeg was nie, lê ons weer die middag weg aan koek en tee.
Saterdag aand slaap ons weer oor en word daar weereens om GROOOT vure gekuier, gesing, kitaar gespeel en gelag. Hierdie keer is daar `n halwe drom in die middel van die kring met `n groot "kuier" vuur
Wat `n heerlike naweek. Een om nie gou te vergeet nie. Dit laat ons uitsien na volgende jaar : elke jaar kom daar weer nuwe neefs en niggies by. Lekker om so jou eie bloed familie wat jy nie ken nie, te leer ken en sommer dadelik "warm" te voel.
Groete
Arie en Jeanette.
Notule van die vergadering van die 38 ste familiefees gehou op die 8ste September 2001 te Klein Kariba vakansieoord.
1. Opening: Paul Hoogenboezem sê hy is die kontinuiteits aanbieder. Hy stel Arie aan die woord om die skriflesing en gebed te doen. Arie Hoogenboezem open met skriflesing uit Joh 17. Dit is wat algemeen genoem word die priesterlike gebed. Daarna sing almal saam uit Ps 33.
2. Verwelkoming: Jan Hoogenboezem verwelkom almal namens Frieda en wyle Jo, en ook hulle kinders. Hy sê hy hoor Paul sê, hy is die kontinuiteitsaanbieder. Nou wonder Jan, 'n kontinuiteitsaanbieder werk by die SAUK en word gewoonlik deur iemand aangetrek. Wie het vir Paul aangetrek? Jan sê hy en Betsie het vanoggend met gemengde gevoelens by die fees aangekom. Gewoonlik kan mens so loaf-loaf by die fees aankom, maar vandag is dit nie die geval nie. Sy hart het effens meer geklop as gewoonlik, maar voeg ook by dat die fees deesdae nie meer so baie werk is nie omdat die oord baie van die werk oorneem. "dinge kom al amper so vanself". Al wat werk verg, is die kommunikasie en die telefoon werk. Gelukkig bly hy en Betsie baie naby en kon hulle sommer gereeld inval by die oord om reëlings te tref. Vrydagaand kon hy ook aankom by die braai , die enigste probleem was, Betsie verbied dit om so naby aan die huis, uit te slaap - dus het hy nie by die oord geslaap nie. Hy heet almal welkom en sê dat ete om en by 1 uur bedien sal word.
3. Presensie. Jan vra almal moet asseblief die presensielys teken dit is deel van die geskiedenis en "netnou soek iemand oor 10 of 20 jaar dalk erfgename wat die fees bygewoon het".
4. Verskonings.
Die volgende verskonings word aangeteken.
Betsie Hoogenboezem Jacobus en Erika Gertenbach
Chris en Elsie de Jongh Theuns en Rina Hoogenboezem
Leon en Ida Grobler Hendrik en Michelle Hoogenboezem
Jaco en Tania Basson
Johan en Elma Fleischman Bennie en Marna van Emmenis
Douw en Marian Hoogenboezem
Tant Evelyn Hoogenboezem Eben en Mariaan van Wyk
Pieter en Babre van Wyk Japie en Hantie Hoogenboezem
Jo en Loekie van Tonder Lucas van Tonder
Leon en Adri du Plessis Alwyn du Plessis
Jos en Arilia du Plessis
Chris en Annelie Hoogenboezem Frits en Hellene Hoogenboezem
Jaap en Mary Hoogenboezem Stefan en Mary-Park Latsky
Daleen Hoogenboezem
Frits Hoogendyk(Paul en Daleen) Arie Pieter Hoogenboezem
Harko Mulder
Gerrit en Margaret Griifioen Johan Griffioen
Charl en Anneke Griffioen Billy en Lee Olivier
Francois en Adri de Villiers Joop en Anita Griffioen
Fanie en Gonda du Plessis Tanya Griffioen
Gerhard en Ria van Wyk Corne van Doorene
Jeanette van Doorene
Pieter en Lydia Uys Johan van Ryssen
Paul Hoogendyk en gesin
Seuns van Johan en Marietjie Hoogendyk
Tant Bessie Hoogenboezem Johan en Dinielle Hoogenboezem
WA en Annatjie van Niekerk Chris en Antroinette van Niekerk
Anta Hoogenboezem (Johan v. T Bessie) Tiaan Scheepers
Johan Scheepers Adrian en Ilse Bruning
Steve en Marga Lucas
5. Mosies:
* Marietjie Hoogendyk se ouma van 98jr is oorlede en twee weke later is haar pa oorlede.
* Hennie Griifioen, enigste broer van Hantie en Japie Hoogenboezem is op 21 Julie 2001 oorlede.
* Human du Preez se moeder is op 24 April 2001 oorlede in die ouderdom van 81 jaar.
* Bennie Botha (Adrika) se moeder is einde Januarie oorlede Sy was 84 jaar oud.
6. Notule van die vorige jaar
Paul vra of enige iemand iets het om by te voeg of weg te neem by verlede jaar se notule. Die notule was ingesluit by die nuusbrief van die Kariba 2000 fees. Die vergadering keur die notule 2000 goed.
7. Maartje Hoogenboezem Trust.
Frits Hoogendyk aan die woord. Daar word 'n beroep gedoen op almal wat lenings by die trust aangegaan het, om so gou moontlik na studie te begin terug betaal, sodat daar weer geld beskikbaar is sonder om aandele te moet verkoop. (sien stand van sake aangeheg)
8. Familienuus:
Paul lees die familienuus voor. Jo Hoogenboezem doen 'n voorstel dat die familienuus vanaf volgende jaar beskikbaar gestel word deur die nuusbrief en dat dit nie meer voorgelees word op die vergadering nie. Almal stem saam en die voorstel word aanvaar.
9. Familiefees 2002
Die familie Griffioen nooi die hele familie hartlik uit na volgende jaar 2002 se fees.
Datum : naweek van die 11/12 Oktober 2002
Plek : Klein kariba
Hulle wil graag die datum so bepaal omdat hulle grootste werkdruk dan verby is. Die datum word reeds baie vroeg vasgestel sodat almal betyds kennis kan neem. Hulle lê klem daarop dat hulle nie net sommer goedsmoeds die datum wil verander om hulle te pas nie, maar spesifiek omdat hulle graag so veel as moontlik teenwoordig wil wees, aangesien hulle die feesgasheer is.
10. Bedankings
Jan doen die bedankings.
* Anneke vir hulp en ondersteuning
* Jan bedank sy broers en susters.
* Jeanette vir al die administratiewe werk
* "matriarge" van die familie wat nog kans sien om fees toe te kom: Tant Frieda, Tant Tillie Snoek en Tant Lyd.
* Frits bedank tant Frieda se familie dat hulle kans gesien het om die fees te reël. Hy voeg by dat, "as dit vanself gebeur", soos Jan vroëer gesê het, hulle dit weer volgende jaar mag doen.
11. Afsluiting. Almal sing die 'Onse Vader' saam.
12. Tafelgebed. Willem Vogel sluit af met 'n tafelgebed.
Paul Hoogenboezem Anneke Pelser
Voorsitter Notulehouer.
Blomjaar
deur Bennie Botha
Die son skyn helder en baie wyd
Ek stap uit in die tuin
waaroor God my vrou as bestuurder aangestel het.
Ek stap by die beddinkies en plante verby
en sien die grasperk, grondbedekkers, madeliefies,
rose , struike en hoë bome
Dan, as ek nog 'n bietjie hoër kyk
Sien ek die blou-blou lug daarbo,
- blou tot in die diepste vertes
Dit is alles aangrypend
Ek kyk weer stadig af
en laat my oë gaan oor die hele tuin.
die ritse, ritse blommetjies van die bloureën
gryp my oë vas.
Na 'n rukkie kyk ek weer op in die blou lug
Weer af na die blou reën
'n kraalogie, of is dit 'n sysie of dalk 'n suikerbekkie
woerts-warts op-en-af en heen-en-weer tussen die ranke
en laat die blou blommetjies lewendig beweeg
blou is die lewe wat uitstyg
oor alles om my
Ek herinner my dat Jesus se dissipels op 'n dag
Stip na die hemel gestaan en kyk het
Daar het toe skielik twee manne in wit klere
by hulle gestaan
Die sê toe vir hulle
Waarom staan julle so na die hemel en kyk?
Hierdie Jesus wat van julle af in die hemel opgeneem is
Sal net so weer kom
Soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het
Waarteen kyk ons elke dag vas?
Is dit die meeste kere
maar teen die donker dieptes van teneergedruktheid?
Dis onnodig
die lewe is baie meer werd
as dít waaroor mense hulle bekommer
Jy moet opkyk!
sien die blou-blou dieptes van die ewigheid
God wil hê dit moet vir jou
die blomjaar van die bloureën wees
Voor jou was daar baie mense,
in Bybelse tye en daarna,
God het nie in hulle belanggestel
Omdat hulle, hulle so bekommer het nie
God het in hulle belanggestel vir dieselfde rede
As waarom Hy in jóú belangstel:
God is liefde!
As die son weer so helder stralend opkom
Stap dan bietjie uit en kyk op,
Kyk hoog en ver
Dalk herinner die blou lug jou daaraan
Dat Jesus Christus weer kom!
Liewe Familie
Adrika sê sy is nog gelukkig getroud, Lyk my sy jok nie.Ek is ook baie gelukkig. Cum het gevra vir 'n publikasie oor ons kinders se dood. Dit is geskryf en het verskyn in Maart vanjaar:
Blomtyd uit die grafte (R36.95).
Adrika is al jare betrokke by diens aan ons bejaardes. Ekself is besig met Kerkraad-dinge. Ons het twee plekkies waarheen ons baie graag verdwyn wanneer die geld-geleentheid daar is. Bosveld en Golden Gate. Veral die saans se saam-braai en kuier by die vuur. My mammie is einde Januarie vanjaar dood. Sy was 84.
Liefde Groete
Bennie en Adrika.
Geboortes 10/2000 - 8/9/2001
1. James Higgo sn. van Hugo en Plonia Smit......19/3/2001
2. Jeanne Arilia dr. van Joss en Arilia du Plessis ....28/5/2001
3. Alida Wiid dr. van Dawie en Viida Jacobs......April 2001
4. Schalk Petrus Bernardus van Schalla en Lieschen Hoogenboezem..................6/8/2001.
5. Nadine dr. van Hanno en Carmen Hoogenboezem (van Johan van T Bbessie) .............................2 April 2001.
6. Pieter sn. van Hansie en Eldi Hoogenboezem ( van Jo Hoogenboezem Vivo).....................20 Februarie 2001
7. Adriana dr. vanPieter en Lydia Uys...(Chris en Jana v Ryssen).................7/03/2001
8. Christiaan sn. van Alida en Bertie Hoffman........01/2001
9. Brandon Andrew sn van Plonia en Brian Paetkau 17/2/2002.
10. Christiaan James Louise seuntjie van Chris en Martha ................. ...4 Maart 2002
Verloof 2000/2001
1. Wiekus Hoogenboezem (Johannes en Marietjie) aan LizlTheron...........................................tr 27 Okt 2001
2. Paul Hoogendyk en Jacqueline Blaucquire......tr 13 Okt 2001
3. Kerneels Hoogendyk aan Leandi de Klerk....tr April 2002
Getroud 2000/2001
1. Johan Hoogenboezem (Johannes en Marietjie) met Charmaine Jones .........15 Nov 2000
2. Lydia Hoogendyk (Frits en Magda Hoogendyk) met Dawie Jacobs........................Des 2000
3. Liezel van Niekerk (WA en Annatjie) trou met Shane Lowery.............................6 Jan 2001.
4. Jo Hoogenboezem (Japie en Mary H) getroud met Marianna du Plessis........begin Feb 2001
5. Johan Hoogenboezem (Chris & Bessie) met Fransie............................................... 7 /7/2001
6. Kobus van der Schyf (Ockert en Christa) getroud met Zarlashed .............10 Augustus 2001
7. Johan Griffioen (van Cor en Co) is getroud met Mona-Marè Meyer ...........op 30 Junie 2001.
8. Henda-Mari Hoogenboezem (Johannes en Marietjie) met Martin Howarth ......24 Mei 2002.
9. Paul Hoogendyk en Jacqueline Blaucquire.......................................................tr 13 Okt 2001
10. Kerneels Hoogendyk met Leandi de Klerk...........................................................tr April 2002
11. Jo Hoogenboezem (Vivo) met Rina ...............................................................10 Maart 2002
12. Leon en Adri du Plessis se 40ste trou herdenking op ................................................7/4/2002
13. Jo en Loekie van Tonder se 40ste trou herdenking .................................................19/4/2002
14. Wiekus Hoogenboezem met Lizl Theron ....................................................27 Oktober 2001
Oorlede
1. Marietjie Hoogendyk se ouma van 98jr is oorlede en twee weke later is haar pa oorlede.
2. Hennie Griifioen, enigste broer van Hantie en Japie Hoogenboezem is op 21 Julie 2001 oorlede.
3. Human du Preez se moeder is op 24 April 2001 oorlede in die ouderdom van 81 jaar.
4. Oupa Johannes van Tonder in die ouderdom van 91 jaar 26/12/1910 - 22/3/2002
5. Marianna Hoogenboezem se pa Daan du Plessis is 12/2002 oorlede.
Teenwoordig by Klein Kariba fees 2001.
Johannes en Marietjie Hoogenboezem
Roly en Anneke Pelser
Henk en Mari en Hannes en Hendrik Hoogenboezem
Wiekus, Herman en Frederick Hoogenboezem en Lizl Theron
Basie en Charmaine Hoogenboezem, Cheron, Terence, Kyle
Renier en Anna van Emmenis
Ina Hoogenboezem
Fanie en Karin, Ina en Schalk Ferreira
Henk en Roline, Annemarie en Schalk Hoogenboezem
Schalla en Lieschen en Schalk Hoogenboezem
Jo Hoogenboezem
Pieter en Trudie, Jana, Jo en Marli Hoogenboezem
Alet, Martie, Pieter, Johan en Lisbe du Preez
Ben en Corrie van Wyk
Maarten van Wyk
Adri van Oudtshoorn
Kevin en Annemie, Mieke
Maretha, Megan en Caitlyn
Tant Frieda Hoogenboezem
Tant Tillie Snook
Jan en Betsie Hoogenboezem
Johan en Ronel Hoogenboezem en Susan
Jo en Marian Hoogenboezem (Jaap en Mary)
Arie en Jeanette Hoogenboezem
Mariska, Tiaan en Cristien Hoogenboezem
Paul , J.A. en Dala Hoogenboezem
Isabel, Henk, Jo en Harko Mulder
Pieter en Maarteli, Frieda en Isabel Smit
Case en Rentia van Doorene
Tant Lyd Hoogendyk
Chris en Jana van Ryssen
Frits en Magda Hoogendyk
David en Lydia Jacobs
Johan en Marietjie Hoogendyk
Paul Hoogendyk
Johan Hoogendyk
Annemarie Hoogendyk
Willem en Isabel Vogel,
Wimpie, Lydia en Paul Vogel
Johan en Fransie Hoogenboezem
Riaan en Lyzelle, Zelmari, Rohan en Jacobus Hoogenboezem
Hanno, Carmen en Nadine Hoogenboezem
Annie, Paulus en Hannes Fouche
Adrien Scheepers en Wessel
Kobus en Greta Rudolph, Liezel en Conrad
TOTAAL 114
ONTHOU:
familiefees 2002
Plek: Klein Kariba
Wanneer: 12 Oktober 2002
Saterdag 9vm - 5nm (9vm- tee/ middag ete/ 3nm - tee)
1. In die "Glaskas" aan die agterkant van die restaurant.
Volwassenes R45 per kop
Kinders onder 12 R22.50
Voorskool gratis.
2. Middag ete, koeldrank, tee, koffie, versnaperings by teetafel word voorsien.
3. Toegang tot oord vir dagbesoekers is gratis.
Indien nog iemand wil oorslaap laat weet asb. vir Anneke so gou as moontlik. Tel/fax (011) 893 3822 of
082 773 5913.
80 Slaapplekke is reeds bespreek en betaal.
Verdere besonderhede volg later.