Notule 

Familienuus tot November 2000            Click hier om terug te gaan na die Nuus 2000
opgestel deur: Anneke Pelser
Posbus 17604
Sunward Park
1470

Tel/Faks (011) 893-3822
Sel 082-773-5913.
Liewe Familie,

Die familiefees is verby en almal is hopelik nou veilig by die huis. Dit was 'n dag en 'n naweek van kuier!!! 
Teen Vrydag middag 4-uur het ons mense so stuk-stuk aangekom by die oord. Elkeen het toe eers vir hom 'n lêplek gesoek en daarna, het ons begin bagasie afpak en gaan loer wie almal oorslaap. Meeste mense het net voor of net na donker gearriveer. Daarna het elkeen sy stoel en vleis gevat en oorkant die woonstelle op die grasperk in die koelte begin kuier en braai. Ons was in die kloof aan die die weste kant van 'n krans en die maan het skielik bokant die kranse uitgekom. Dit was volmaan en 'n pragtige gesig. Ons het gebraai en gekuier ......en gelag!!...tot omtrent 12 uur daardie nag.
Toe almal min of meer in die bed was ...(natuurlik na 'n heerlike swem in die warm water), het daar so 'n bosveld rustigheid neergedaal en almal het geslaap soos klippe. 
Vroeg die volgende oggend het ons opgewonde begin rondsoek na al die dagbesoekers waarvoor ons gewag het. Ons het in 'n lapa oorkant die woonstelle bymekaargekom. Uiteindelik was ons in totaal 114 mense waarvan 15 kinders was. Altesaam 42 mense het oorgeslaap. Nog 17 wou oorslaap maar kon nie plek kry nie!. 
'n Teetafel met wortelkoeke, sjokoladekoeke, terte en dies meer was soos altyd vir 10 uur bedoel. Die 'bad vol koeldrank' het ook nie agterweë gebly nie. 'n Beesboud en 2 varkboude, op 'n spit gebraai, met 'n verskeidenheid slaaie daarby ........Tipsy tert en Roomys het die middagete afgesluit......almal het welgedaan!!!!! Breekware was alles voorsien en die skottelgoed was ook natuurlik toe die oord se probleem.
Johannes Hoogenboezem het die "Hoogenboezem Genealogie" eksemplare saamgebring en bekendgestel. Dit word algemeen aanvaar dat ons nie weer so 'n geleentheid sal kry om die hele "familie in SA" te boekstaaf nie...daar was voorstelle om dit ook op die internet beskikbaar te stel aan, nie net die SA familielede nie, maar ook vir persone oorsee wat dalk daarop wil ingaan. Die voorstel is aanvaar.
Die woorde 'Klein Kariba' het skielik 'n ander betekenis vir baie mense gekry. Min mense het regtig geweet hoe dit daar lyk en hoe ideaal dit vir die familiefees sou uitwerk Weereens baie dankie aan Maarten en Emmie Griffioen, Maarten van Wyk en Maarteli en Pieter Smit wat die Millenium-Maartje-2000 familiefees aangebied het. Almal wat daar was sal die fees vir 'n lang tyd onthou. Dalk moet ons weer begin foto's neem vir die familie album of 'n soort fees album.
Sal almal wat foto's het van vorige familiefeeste asb. die foto's aanstuur na my toe. Skryf asb. agterop die foto aan wie dit behoort en die jaar van die fees waarop dit geneem is. As julle enige ander besonderhede het, skryf dit asb. ook op 'n stukkie papier en stuur dit asb. vir my. Vanselfsprekend sal almal hulle foto's terugkry. Ek sal net laser afdrukke laat maak van die foto's. As daar genoeg foto's en besonderhede is, kan ons 'n feesalbum bymekaar sit. Ek het byvoorbeeld foto's van vroëer jare toe die fees op Pietersburg nog in die stoor gehou is.

Hierna volg: 
1). Die Notule van die vergadering wat gehou is op Klein Kariba.
2). 'Tante Maart' deur Isabel Vogel.
3). 'het jy geweet'(nuus) soos dit aan ons vertel is op die fees 2000.

Groete

Anneke.


Notule van die vergadering van die 37 ste familiefees gehou op die 14de Oktober 2000 te Klein Kariba vakansieoord.


1. Opening: Maarten Griffioen open met skriflesing en gebed. Hy lees voor uit Nehemia 4:1-6 en Nehemia 6:16. Nehemia is gelei om Jerusalem te herbou, hy het dit gedoen omdat hy die antwoord gekry het op sy gebede tot God. Daarna het die mense vir hom gevra hoe hulle dit reggekry het om die mure van Jerusalem so vinnig te herbou. Hy het in Neh.6:16 geantwoord .....'ons doen hierdie werk met die hulp van God'. Die mense se harte was in hulle werk. Wat ons daariut kan leer?...wanneer ons werk moet ons werk asof alles van die mens afhang, en bid asof alles van God afhang. Hierna gaan Maarten voor in gebed en dan word daar uit Psalm 130:1 en 3 saam gesing. (Maarten het gedrukte bladsye van die psalm saamgebring) 


2. Verwelkoming Maarten van Wyk heet almal welkom. Hy sê aan almal dat hulle die fees moet geniet en lekker kuier.


3. Presensielys: almal moet asb seker maak hulle teken die lys.


4. Mosie van rou: 
Anna Hoogenboezem eggenote van Johan,(Oom Chris en tant Bessie) is oorlede op 20 April 2000.
Madeli dogtertjie van Johan en Elma Fleischmann, kleinkind van Renier en Anna van Emmenis, is oorlede op 18 Okt 1999. (6 jaar en 10 maande). 
Almal staan vir 'n paar sekondes op en buig die hoofde


5. Verskonings. 
Betsie Hoogenboezem Erika en Jacobus Gertenbach, kinders 
Lida en Ockert Oosthuizen en kinders Manna en Cornel H en seuns 
Kinders van Theunis en Rina Hgbzm Chris en Elsie de Jongh en kinders
Marelise Pelser Lize, Willemien, Henda-Marí H 
Johan en Elma Fleischmann en kinders Bennie en Marna v Emmenis en kinders 
Lieschen Hoogenboezem (Schalla) Eben en Marianne van Wyk en kinders 
Japie en Hantie H en kinders Hansie en Eldi en kinders
Adri van Oudtshoorn en kinders Oom Johannes van Tonder
Joh en Loekie van Tonder Lucas en Estelle van Tonder
Leon du Plessis jnr Jos en Arilia du Plessis
Kinders van Jan en Betsie H Japie en Mary Hoogenboezem
Arie se kinders Tiaan (Arie) stuur groete uit Amerika
Harko Isabel en kinders JA Hoogenboezem 
Frits Hoogendyk Gerrit Griffioen 
Francois de Villiers 
Co, Johan en Marcel Griffioen Quirine en Seppie Myburgh
Kinders van Johan Hoogendyk Wimpie Vogel
Tant Bessie Hoogenboezem 

6. Notule van die vorige jaar word nie meer voorgelees nie. Dit is beskikbaar vir insae. Dit word ook saam met die algemene nuusbrief aan almal gestuur.

7. Sake uit die notule
* Maartje Hoogenboezem Trust..
Jo Hoogenboezem(trustee) doen in die afwesigheid van Frits Hoogendyk verslag oor die trust. Hy sê ook dat Frits egter die leeue aandeel doen wat die hantering van die trust betref. Hy bedank namens die ander twee trustees en die familie, vir Frits. (verslag aangeheg). Johannes (trustee) noem ook dat die idee was dat daar ten minste een of twee keer per jaar 'n vergadering van trustees moes wees...omdat tyd en afstand dikwels 'n probleem is, was die kommunikasie sover nog altyd per telefoon. Daar was ook nog nooit 'n besluit geneem sonder die algemene instemming van aldrie trustees nie.
* Familie genealogie.....Johannes Hoogenboezem aan die woord. Heel eerste heet Johannes vir tant Tillie (tant Frieda en oom Paul Hoogendyk se suster) hartlik welkom by die Hoogenboezem fees. Johannes bedank ook almal vir hulle samewerking met die bywerk van die genealogie en lees die opdragblad en voorwoord gedeeltelik voor. Hy sê ook dat elke perd 'n jokkie moet hê en dat Anneke die jokkie was. Hy bedank Anneke vir die werk. Johan Hoogendyk bedank Johannes namens die familie vir die idee en die bywerking van die inligting. Hy sê ook dat elke jokkie 'n perd moet hê en omdat Johannes die oudste neef is, hy dus seker die 'voorperd' was. 

8. Familienuus. elke individuele familie lees sy eie nuus voor.
Isabel het iets geskryf waaraan ons tante Maart kan onthou 
en sy dra dit voor. (Sien verder)

9. Algemeen
* Familiefees 2000 onkostes, bokant 12 jaar = R35-00 p.k. 
Onder 12 jaar oud = R17-50 p.k. Voorsitter vra almal moet asb onthou om by die beursie 'n draai te maak. As elkeen nie sy deel doen nie, sal die feesgashere moet inbetaal by die oord. 
* Familiefees 2001....Jan Hoogenboezem (Tant Frieda) nooi die familie namens Tant Frieda, homself en sy broers en susters, na die fees 2001. Dit word met dank aanvaar. Die voorsitter terg en sê dat dit gaaf is as almal so maklik hulle "verantwoordelikhede" aanvaar sonder blik of bloos.
* Hierna word die genealogie eksemplare uitgedeel. Familie kan vir Anneke laat weet van die foute. Dit sal in 'n errata reggestel word.

10. Bedankings 
* Maarten Griffioen en Maarten van Wyk (vleis en koeldrank), 
* Emmie Griffioen en Maarteli (teetafel)
* Alle familie wat iets vir tee saamgebring het 
* Almal wat teenwoordig is
* Johannes Hoogenboezem vir die genealogie boeke
* Anneke vir al die reelings en administrasie.
* Adri du Plessis vra of daar na Anneke se onkostes bv. telefoon en admin. en ander onkostes omgesien word. Die reëling is dat die jaarlikse 'admin kostes' uit die trust verhaal word. Die onkostes van die genealogie bv. telefoonkoste, papier en ink is deel van die onkostes van die boeke en is in die prys ingesluit.
* Paul Hoogenboezem vir die klankstelsel.......vir die eerste keer in die geskiedenis gebruik ons 'n klankstelsel. Dit was al lankal nodig.

11. Afsluiting. Almal sing die 'Onse Vader' saam.

12. Tafelgebed. Word gedoen deur Frits Hoogendyk.

Johan Hoogendyk Anneke Pelser
Voorsitter Notulehouer.

Tante Maart 
Die Hoogenboezems tel twaalf in die gesin
elk 'n plek in Moe en Pa se hart gewin.
Ook onder mekaar het hul net reg gepas-
tog was daar een wat besonder geliefd was
Sy was die baie gewilde sus Maartje!

Maartje die was 'n stil teruggetrokke kind
Wat jy altyd trou in die ouerhuis sou vind.
Fyn ingestel op haar ouers en eie bloed
By vreemdes en nuwighede was dit nie goed.
Sy was tog lief om van kleins af huis-huis te speel
Met haar hande te werk was vir haar nooit te veel
Altyd deur aan die poets of boen
Bereid om vir almal iets te doen!
Vir haar Pa en Moe die huishoudster
En vir die vier kleinstes die hoeder
trooster, pleisterplakker en tweede Moeder
Vir die Sewe grotes in die gesinsbaan
was Sy die een wat help of vir pligte instaan

Almal op die plaaswerf was so smoor op Maartje
behalwe die eens kwaaie bokram en kalkoen
wat haar altyd gejaag het as Sy iets wou doen
Maart en Ploon was tot beste maats versoen
omdat Plooitje die praatwerk so héél goed kon doen
Na standerd ses gaan Maartje na huishoudskool
in haar element met skoonmaak en kook van kool
Knap met kleremaak en veral ook brei
het Maart haar besondere nis gekry.

Van Ger se hond kry Maartje een bosluisbyt
en sy moes met hoë koors tyd in die bed verslyt
Die huis was geskok, in 'n proses van rou

want sonder haar sou niemand dit tuis kon hou
Almal het oor haar gewaak, Sy was nie wel
Tot buite gevaar-Sy tydsaam kon herstel...

Toe troukoors so onder die twaalf uitbreek
kies Maart sy sou by Moe en Pa vassteek
Nie net maak Sy van elke tuiskoms 'n fees
Sy sou ook biegmoeder en vredemaker wees
Moeders en babas versorg vir 'n paar dae
ook kleingoed met siekte en pynlike mae.
As Maart verpleeg was dit altyd die beste
Kinders leer dit tog nou maar in jul leste
Ouma en Oupa se regterhand en trots
almal se geliefde en met niemand gebots

Eers het Maart Ouma versorg tot haar dood
Toe was Sy Oupa se gespreksgenoot
Saam was hulle op vakansies en reise
en steeds voldoen Maart aan familie eise
As broers en susters se kinders verjaar
kry hulle elkeen 'n kaartjie van haar
Dié tel later tot een en veertig
wat 'n korrespondensie...regtig!
Of gee sy netjies gebreide truie
waarmee hul goed deur die winter kon kruie

Met Oupa se afsterwe in Northcliff
neem Paul en Lyd Maart se wa deur die drif
Sy skuif na Nicoleenhof in Linden
word die Hoogendyk gesin se noue vriendin
Goed gelowig en onskuldig was Sy die prooi
van baie beentrek en geterg bloos sy bloedrooi
Vakansies bekend vir botterkoekies
Sjokolade en lekkers in blikkies

As Lydia en Maart gaan klere jag
moes sy baie om haar lang arms lag
'n Man met 'n natuurlike krul was die ding
wat Maart gou van versmoring kon laat sing
Die eens stille Maart kon nou baie praat
vir alles onder die son had Sy raad!

Vir my as kind was tante Maart 
'n gróót maat en altyd gereed... 
vir saamdoen en lekker praat
Nooit was sy te stuurs of nors of selfbejammerend
altyd by haar 'n helpende hand te vind
As ons bel en haar vir 'n kuier vra
kon sy ons tog so lekker pla
'Ek was nog nie eens by Corrie'
Sy wou niemand voortrek nie, dis dié
Geen spoor dra Maart van Oujongnooi
net warme liefde sou haar hart plooi
Sy sê graag dink 'n bietjie mooi
'Versamel op aard geen rotsooi!'

Die familie staan vir haar tog heel bo
in almal se onskuld het sy geglo
Dit sien ons so mooi in haar nalatenskap
vir elke neef en nig, was in háár boedel 'n hap
veral het sy Lydia, Paul en Ad genoem
uit erkenning vir als aan haar gedoen.

Trek jou gesig nou op 'n plooi
daar's iets te leer uit my pleidooi
In Maartje word dan waar Spreuke 10
dit kan ons by dié familiefees sien
Die regverdige word deur God geseën
en nagedagtenis van die wat reg doen
bly voortleef.

geskryf deur Isabel Vogel dr. van Paul en LydiaHoogendyk

Geboortes 9/1999-10/2000 
1. Cara Oosthuizen ....................................28 September 1999
2. Sonel de Jongh...........................................16 Oktober 1999
3. Johannes Jacob Pasques .............................12 Januarie 2000
4. Petronella Denise van Niekerk ......... ... .13 Februarie 2000
5. Vanessa Grobler...............................................9 Maart 2000 
6. Lizbe du Preez...............................................31 Maart 2000
7. Christiaan Alexander van Niekerk ..................13 April 2000
8. Liesje Myburgh............................................. .15 Junie 2000 
9. Lize-Mari Hoogenboezem...........................8 Augustus 2000
10. Jacobus Hoogenboezem...........................15 September 2000
11. Baba Murray (dr van Allistair en Maretha)... 1 Oktober 2000 
Matrieks 2000 
1. Marelise Pelser......................(dr. van Roly en Anneke)
2. Willem Vogel.........................(sn. van Willem en Isabel)
3. Christien Hoogenboezem.......(dr. van Arie en Jeanette)

Getroud 2000 
1. Mary Park Hoogenboezem met Stephan Latsky 24Sept 1999
2. Paul Hoogendyk met Corlia Coetzee..................25 Sept 1999
3. Gonda Griffioen met Fanie du Plessis.............25 Sept 1999 
4. Adriana van Wyk met Bert Pouwels........... ........30 Okt 1999
5. Marga Wessels met Steve Lucas........................26 Nov 1999
6. Johan Hoogenboezem met Dinielle de Boom.........8 Jan 2000
7. Elmie van der Schyf met Leon Dillman.............21 April 2000
8. Joss de Raadt met Michelle Lynn Les..................18 Aug 2000

Oorlede
1. Madeli Fleischmann...(klein dr. van Renier en Anna van Emmenis.....18 Okt 1999
2. Anna Hoogenboezem (eggenote van Johan van Tant Bessie).........20 April 2000 

Teenwoordig by Maartje - Millenium familiefees 2000.


Theuns en Rina Hoogenboezem
Johannes en Marietjie Hoogenboezem
Roly en Anneke Pelser
Henk en Mari Hoogenboezem, Hannes, Hendrik.
Wiekus Hoogenboezem, Herman, Frederik.
Johan Hoogenboezem en Charmaine Jones
Renier en Anna van Emmenis
Ina Hoogenboezem
Fanie en Carin Ferreira, Michael, Ina, Schalk
Henk en Roline, Anne-marie, Schalk Hoogenboezem
Schalk Hoogenboezem
Tant Evelyn Hoogenboezem
Ben en Corrie van Wyk
Pieter en Babré, Megan, Michael van Wyk
Maarten van Wyk en Helen
Jo Hoogenboezem
Pieter en Trudie , Jana, Jo, Marli Hoogenboezem
Human en Alet, Martie, Pieter, Johan, Lisbe, du Preez
Leon en Adri du Plessis
Alwyn du Plessis
Tant Frieda Hoogenboezem en Tant Tillie
Jan en Betsie Hoogenboezem
Arie en Jeanette Hoogenboezem
Paul en Daleen , Dala, Hoogenboezem
Pieter en Maarteli, Frieda, Isabel, Smit
Adri de Villiers
Joop en Anita Griffioen
Fanie en Gonda du Plessis
Maarten en Emmie, Carin , Cor, Griffioen 
Gerhard en Ria van Wyk
Kees en Rentia, Mathilda, Adri, van Doorene
Tant Lyd Hoogendyk
Jana en Chris, Johan van Ryssen
Pieter en Lydia Uys
Frits en Magda Hoogendyk en Kerneels
Johan en Marietjie Hoogendyk en Annemarie en Mauritz
Willem en Isabel Vogel en Lydia en Paul
Johan Hoogenboezem, Anta en Lisbe
Riaan en Lyzelle Hoogenboezem, Zelmari, Rohan, Jacobus
Hanno en Carmen Hoogenboezem
Johan en Dinielle Hoogenboezem
Kobus en Greta Rudolph, Liezel, Conrad TOTAAL 114